Welkom By Bokmakierie!

Beplan, Droom en Groei

Kreatiewe dagboeke & meer vir elke doel

By Bokmakierie skep ons produkte wat inspireer en organiseer – van ‘n verskeidenheid dagboeke tot notaboeke en unieke skryfbehoeftes, asook Bybelstudies en kreatiewe hulpbronne.
Of jy iemand se hart wil aanraak met ’n besondere geskenk, of jou eie dae met rustigheid wil struktureer, hier is iets spesiaal net vir jou.

Notaboeke

Maak elke bladsy persoonlik – en elke gedagte spesiaal.

Ons pragtige notaboeke is met sorg ontwerp vir vroue wat hou van mooi, betekenisvolle dinge.

Wat hierdie notaboek uniek maak? Die buiteblad én jou gekose naam word deurgaans in die ontwerp ingewerk, sodat dit regtig joune is – van voor tot agter.

Of dit nou vir dagboekinskrywings, Bybelstudie, notas, doelwitte of kreatiewe idees is – hierdie notaboek is ’n stylvolle metgesel vir elke dag.